Blik is 'n lucky packet van wat aan die gebeur is op die Afrikaanse web. Niemand weet wat alles volgende hier gaan verskyn nie.
Hoe dit werk
Hier kan jy nuwe blogs en webbladsye ontdek. Hier is tans
2288 blogs en webbladsye , en meer word voortdurend bygedra. Ouer bydraes skuif ondertoe, en verdyn redelik gou van die voorblad af, maar bly nog steeds
hier rond .
As jou blog of webbladsy nie hier gewys voor nie, kan jy dit laat byvoeg. As dit eers bygevoeg is en het 'n nuusvoer (RSS of Atom), sal
blik automaties nuwe inskrywings wys. As dit nie 'n nuusvoer het nie, sal dit net in die
statiese webbladsye, en deur die soekfunksie vertoon word.
As jy wil kontak maak, 'n blog of webbladsy byvoeg, jou blog verwyder, of iets verander in verband met hoe jou blog hier vertoon word, kontak gerhard by blik dot co dot za
Maar soek eers hierbo, om te sien of blik van jou blog "weet".
Hier is
Web spasie
As jy 'n verdienstelike saak het wat jy op die web bekend stel, is blogs by bogenoemde plekke sterk aan te beveel.
Maar as jy iets anders wil doen, byvoorbeeld 'n statiese (html leers) gebaseerde web bladsy, of 'n databasis geprogrammeerde een, kan dit miskien hier 'n tuiste vind.
As dit maklik is, of vir iets soos 'n liefdadigheidsaak, kan dit gratis wees, mits jy self die jaarlike fooi vir die domain betaal.
As dit kommersieel is, en/of programmering en 'n databasis behels - dit kan gedoen word teen betaling: kontak gerhard by blik dot co dot za
Sien
hier iets oor die storie en tegnologie van blik.
Waar om te blog
Daar is baie gratis platforms waar jy kan skryf, so jy behoort nie vir 'n blog te betaal nie.
Die meeste Afrikaanse blogs is by die volgende platforms:
As jy wil gelees word, is bogenoemde plekke die beste, want hulle het almal stelsels waardeur ander bloggers op jou blog kan afkom, en maklik kan kommentaar lewer.
Daar is ook blogs by plekke soos
Blogger, en
iBlog. Maar ongeag die goeie kwaliteite wat Blogger en iBlog miskien het, is Afrikaanse blogs daar geisoleer, omdat min mense van hulle weet, en hulle dus baie min kommentaar en lesers kry.
Vir uitstekende statistieke, meer lesers en mense wat kommentaar lewer, en 'n goeie stelsel van hoe die kommentaar werk, en is
af.wordpress.com seker die beste.
Wordpress bied ook verskeie maniere om nuwe blogs te ontdek:
Lys van Suid-Afrikaanse blog platforms wat verdwyn het
- Die Mail & Guardian se Blogmark
- Die Mail & Guardian se Amagama
- Blat.co.za: Blat het sommer sonder waarskuwing toegemaak, en mense het hulle blogs verloor
- Die Burger blogs by Mweb
- Bundu blogs: www.bundublog.com
- Blogs.24.com
- Blog247.co.za
Jou eie Wordpress installasie
As jy tegniese vaardighede het, kan jy jou eie blog met Wordpress (of ander sagteware) maak.
Voordele:
Jy bemeester vaardighede wat jy dalk in 'n werksituasie kan benut.
Nadele:
Dis moeilik om lesers te kry want jou blog is geisoleerd van die platforms hierbo genoem waar baie mense blog
Dit kos geld (web spasie en domain)
As jy nie meer wil betaal nie, dan verdwyn jou blog mettertyd - dis wat meesal gebeur.