| Maleisie skaal regstellende aksie af (www.nytimes.com) |
| Bygedra deur boerinballingskap 2 years, 7 months gelede. |
Hoop nie dit neem SA ook 40 jaar nie...
Maleisie is 'n baie interessante geval, want dis die enigste land (waarvan ek weet) buite SA, waar regstellende aksie toegepas word ten koste van minderhede. Malesie se minderhede (Indiers en Sjinese) is egter numeries baie groter as die minderhede in SA. Suid-Afrika bly uniek in die sin dat regstellende aksie 'n meerderheid wat numeries totaal dominant is bevoordeel ten koste van 'n klein minderheid. Ironies genoeg is regstellende aksie se oorsprong juis om minderhede se kanse vis-a-vis 'n groot meerderheid te bevorder en hulle belange te beskerm.